News

Agterstallige munisipale skuld, ‘n gebrugde meter? Dit is wat jy nou kan doen

Verbruikers aangeraai om betyds aansoek te doen vir dié vergunnings

“Verbruikers wat nog gebruik wil maak van Ngwathe Munisipaliteit se huidige amnestievergunnings sal moet opskud” sê Vryheidsfront Plus raadslid Phillip van der Merwe. Daar geld tans twee tipes amnestie wat beide verval op 30 Junie 2023.

Die eerste behels die afskrywing van 40% van agterstallige skuld indien die verbruiker die oorblywende 60% eenmalig betaal. Aansoek vir die amnestie moet formeel gedoen word op ‘n voorgeskrewe vorm wat by munisipale kantore beskikbaar is. “Vorms is ook by my kantoor beskikbaar” sê raadslid Van der Merwe verder.

Die tweede behels die vrystelling van boete wanneer ‘n verbruiker met ‘n gebrugde meter self die meter rapporteer sodat dit vervang kan word.

Aansoek moet ewe-eens formeel gedoen word op ‘n voorgeskrewe vorm
wat by munisipale kantore beskikbaar is.

“Die munisipaliteit beplan ‘n omvattende oudit van kragmeters sodra die amnestieperiode verstryk het en verbruikers wat na verstryking daarvan gevang word met ‘n gebrugde
meter kan streng optrede, wat die staking van toevoer totdat alle skuld en boetes betaal is insluit, verwag. Diesulke verbruikers word dus aangemoedig om die geleentheid te gebruik.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button