News

‘Vrot’ Vrystaatse paaie gaan aandag kry

So gaan Sanral help

R8 miljard sal deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) oor die volgende drie jaar op van die Vrystaat se nasionale paaie spandeer word om die paaie te herstel. Daar word reeds gewerk aan die N5 en N8.

Daar is ook hoop dat nog strategiese paaie soos die R74, R26 en R34 ook moontlik deur die Vrystaatse premier na Sanral oorgeskuif sal word. Die Vrystaatse premier woet teen 10 Junie ‘n aanduiding gee van watter paaie aan Sanral oorgedra word.

Sanral mag landwyd nie aan meer as 35 000km se paaie werk nie.

In die Noordoos-Vrystaat is dit veral die R34 waaroor daar ernstige kommer is met die groot aantal ongelukke wat hier aangemeld word.

Vir Vrystaatse motoriste is hierdie geen ongewone gesig nie. ‘n Slagveld van slaggate.

So ook van die ander Vrystaatse paaie wat in ‘n uiters haglike toestand is.

Die nasionale regering het reeds vir die huidige finansiële jaar R1,8 miljard van die padonderhoudsfonds vir die Vrystaat bewillig om paaie te herstel. ‘n Driekwart van hierdie fondse sal aan teerpaaie bestee word en ‘n kwart daarvan aan onderhoud van grondpaaie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button