News

Oud-Gimmie dankbaar dat hy leef na hy beide bene in ongeluk verloor

Daar is intussen ‘n fonds gestig om met sy mediese onkostes, terapie en prostese te help.

 

Die 18-jarige Edwin Nelson is dankbaar dat hy leef. Al moes albei sy bene onder die knie geamputeer word na die motorongeluk op die Parys/Potchefstroom-pad (53), is hy positief oor die toekoms, berig Wouter Pienaar vir die Potchefstroom Herald.

Edwin het op skool onder meer in hokkie uitgeblink en was verlede naweek in Potchefstroom vir die Gimmie-Volkie Classic Clash. Die ongeluk het gebeur toe hy op pad was na sy huis in Vaalpark.

Daar is intussen ‘n fonds gestig om met sy mediese onkostes, terapie en prostese te help en is Edwin en sy familie baie dankbaar vir almal wat hom sedert die ongeluk ondersteun het.

Bankbesonderhede vir Edwin Nelson se fonds is as volg:

#EdwinNelsonFund

Auditor Managed Fund for Medical Treatment and Prosthesis

ABSA

Rekeningnommer: 9302266773

Takkode: 632005

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button