News

Cholera gevalle en sterftes neem af, sê minister

N Positiewe geval van cholera is egter ook vanoggend, Donderdag 1 Junie, in die Mpumalanga provinsie bevestig

Die minister van gesondheid, dr Joe Phaahla het tydens ‘n mediakonferensie oor die cholera uitbraak Woensdag 31 Mei gesê gevalle en sterftes weens Cholera neem drasties af, en dat die siekte tans beperk is tot seker distrikte in die provinsies waar dit aangemeld is.

Vier en twintig mense het sedert die uitbreking van cholera in die land, gesterf.

Geen nuwe gevalle van cholera is sedert verlede week in die Vrystaat aangemeld nie, maar die Noordwes Provinsie het Dinsdag sy eerste twee bevestigde gevalle van cholera aangemeld.

Die aantal bevestigde cholera gevalle vir die Vrystaat was Dinsdag steeds agt, en een sterfte. Van die agt gevalle was ses in Vredefort, en twee in Parys. Al agt gevalle is behandel en ontslaan, is deur die departement bevestig. Die 33-jarige vrou wat verlede week weens cholera gesterf het, was van Vredefort.

Die bron van die cholera besmetting is nog nie deur die departement van gesondheid bepaal nie.

Die minister van gesondheid het Woensdag ook bevestig dat met betrekking tot die Vrystaat verskeie waterbronne getoets is, en dat geen besmetting gevind is wat cholera veroorsaak nie. Hy het gesê daar word gekyk na die moontlikheid dat die pasiënte die siekte elders opgedoen het en dat nie net aangeneem kan word dat die oorsprong water is nie.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button