News

Teddie-troos vir Oekraïne se kinders

Die gedagte vir die projek het begin by Saret Boshoff van Upington. Die ATKV-tak van Rooiduin in Upington het by haar aangesluit, en so ook ander takke genooi om deel te neem aan die beertjie-projek.

Gee vir die bejaardes van Sally Martin Park ‘n uitdaging en hul wys jou wat kan gedoen word! Toe dié bejaardes genader
is om te help met die ATKV Vredefort Koepel-tak se deelname aan ‘n landwye projek van die organisasie waarmee uitgereik word na kinders en bejaardes van die oorloggeteisterde Oekraïne, is gesorg dat 117 kleurvolle teddiebere gebrei
word.

Veertien bejaardes onder wie ook gesiggestremdes, het gehelp, terwyl die wat nie gebrei het nie, wol en watteersel
bygedra het.

In Maart vanjaar het die plaaslike ATKV-tak reeds 50 klein teddiebeertjies kant en klaar gebrei gehad danksy inwoners van Parys en Vredefort.

Volgens Erna Rademan van Vredefort Koepel ATKV, sal die helfte van die beertjies wat vir die projek ontvang
word, opgeveil en verkoop word, om dit moontlik te maak om ‘n span vrywilligers na die Oekraniïne te stuur om te help met die berading van veral kinders en bejaardes daar. Hierdie span help ook om van die bejaardes en kinders na veiligheidsgebiede te bring.

Dan word daar ook beplan om toerusting, koeëlvaste baadjies en berskermende valhelms vir die vrywilligers te koop wat uitreik na die mense van die Oekraïne.

Die oorblywende teddiebeertjies sal deur die vrywilligers saamgeneem word na die Oekraniïe om daar vir die kinders
te gee.

Die gedagte vir die projek het begin by Saret Boshoff van Upington. Die ATKV-tak van Rooiduin in Upington het
by haar aangesluit, en so ook ander takke genooi om deel te neem aan die beertjie-projek. Projekleier Arnold Schoonwinkel en lede van die ATKV Vredefort Koepel, sê dankie aan elkeen wat hul harte oopgemaak het vir die projek.

Related Articles

Back to top button