News

Vragmotor met mielies beland in die water

Daar is met die skryf van hierdie berig steeds gesukkel om die vragmotor uit die water te kry.

‘n Vragmotor is gisteraand, Vrydag 12 Mei net voor middernag, in die water in wat steeds oor die R59  tussen Viljoenskroon en Bothaville (by die Viljoenskroon silo’s) oor die pad stroom. Die vragmotor het in die water omgeslaan.

Die vragmotorbestuuder kon betyds op die dak van die vragmotor se kajuit klim, en is met ‘n kano uit die water gehaal.

Daar is met die skryf van hierdie berig nog gesukkel om die vragmotor uit die water te kry. Die vragmotor het ‘n vrag mielies vervoer.

Mense wat die Oesdagplaas buite Bothaville sal besoek vir vanjaar se Nampo, moet asseblief let op padtekens waar aangedui word dat alternatiewe roetes gebruik moet word aangesien die R59 tussen Viljoenskroon en Bothaville waar die water oor die pad stroom, steeds gesluit is vir verkeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button