News

Vredefort se Sandsteen-kerk word 100

Om destyds vir die kerkgebou te kon betaal, moes lidmate vir hul sitplekke opdok. Nader aan die kansel was die banke duurder as verder weg!

Vredefort se pragtige ou sandsteenkerk is vandeesmaand ‘n volle 100 jaar oud. Die hoeksteen is op 13 April 1922 gelĂŞ.Besoekers aan Vredefort word altyd soos magnete getrek na diĂ© NG gemeente se kerkgebou wat sierlik pronk tussen 200 Iceberg roosbome, en die pastorie in kenmerkende Kaaps Hollandse styl. Die gemeente self is 141 jaar oud.

Om destyds vir die kerkgebou te kon betaal, moes lidmate vir hul sitplekke opdok. Nader aan die kansel was die banke duurder as verder weg! Die beraamde koste van die gebou, wat 1 100 mense kan huisves, was £16 000. Gemeentelede het help bou en klippe kap, wat ookal nodig was om die gebou opgerig te kry. Die inwyding van die kerk was presies 100 jaar gelede gedurende die naweek van 27 – 29 April 1923.

Hierdie heugelike gebeurtenis gaan vanjaar Saterdag, 29 en Sondag 30 April met mening gevier word! Saterdag, 29 April hou die gemeente die moeder van alle kerkbasaars met hope aktiwiteite vir oud en jonk. Van boeresport tot kaskarresies, en natuurlik is al die gewone basaarlekkernye ook beskikbaar. Bring jou hele gesin en kom kuier saam vanaf 09:00.

Die kerkraad het dit selfs goedgedink om ‘n HoĂ«rskool Chris van Niekerk reĂĽnie deel van die fees te maak. Oudleerlinge vanoor die hele land word verwag. Bring foto’s en memorabilia saam as jy reĂĽnie toe kom, sodat daar heerlik gesels kan word, en die ou dae in herinnering geroep kan word.

Die orrelis, Erna Rademan, het saam met prof. Sybrand Strauss en dr. Roelf Pienaar, ‘n vreugdevolle feesdiens vir Sondagoggend saamgestel.
Daar word babas gedoop, die Deo Gloria koor gaan sing, en Carlo Wright, Carel en Carla Steyn op trompet en dwarsfluit, gaan verder luister aan die diens gee. Al die ander gemeentes in Vredefort sluit Sondag by die NG gemeente aan om saam fees te vier.

Die erediens begin reeds om 09:15 met lofsang en aanbidding. Selfs al het jy geen bande met Vredefort nie, word jy hartlik uitgenooi na hierdie jubelfees!

Related Articles

Back to top button