News

Publiek se hulp gevra om gesteelde vee op te spoor

Enigiemand met inligting kan die Steyns kontak by 072 769 1723 of 072 347 7909 of 082 569 3287.

 

Veediewe het verlede week op die hoewe van me. Clarissa Steyn en haar gesin van Panorama naby die Mooilande-kleinhoewes toegeslaan en verskeie van hul beeste gesteel.
“Ons het almal in die omgewing se hulp nodig om ons diere te probeer terugvind,” sê sy.
Die diewe het in die vroeë oggendure die hoewe se drade geknip en ‘n groot bul, drie koeie en twee kalfies (een bulkaf en een verskalf) gesteel. Die bul is gemerk as CJ 1931 en die koeie as CJ 1809, CJ 1821 en CJ 1935.
‘n Beloning sal aangebied word vir inligting wat tot die opsporing van die diere lei. Enigiemand met inligting kan die Steyns kontak by 072 769 1723 of 072 347 7909 of 082 569 3287.

Die bul wat verlede week saam met ander beeste by Clarissa Steyn en haar gesin van Panorama-hoewes in Midvaal gesteel is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button