News

Gesteelde voertuie van transitorooftog verbind met eienaar van sekuriteitsmaatskappy

Gesteelde voertuie van transitorooftog verbind met eienaar van sekuriteitsmaatskappy

‘n 45-jarige eienaar van ‘n sekuriteitsmaatskappy het op Vrydag 6 Januarie 2023 vlugtig in die Vanderbijlpark-landdroshof verskyn in verband met die besit van gesteelde voetuie wat glo tydens ‘n mislukte transitorooftog by Boipatong gebruik is.

VANDERBIJLPARK. – Die mislukte rooftog het op Dinsdag 3 Januarie in Frikkie Meyer Boulevard in Vanderbijlpark plaasgevind.

‘n Gepantserde voertuig van G4S is blykbaar twee keer van agter af deur ‘n swart Mercedes Benz gestamp en het toe die pad verlaat en in die nabygeleë bosse beland.

The cash van that was intercepted by armed gang ended up in the bushes on Frikkie Meyer Boulevard just outside Boipatong. Photo: Sifiso Jimta.

Volgens kapt. Lloyd Ramovha van die Valke is skote op die gepantserde voertuig afgevuur waarna ‘n groep gewapende verdagtes die voertuig omsingel het en die wagte beveel het om uit die voertuig te klim.

Die wagte se wapens is afgeneem en die verdagtes het daarna probeer om die vragmotor met plofstof op te blaas.

Hulle het egter nie daarin geslaag nie.

Die verdagtes het met leë hande in verskeie voertuie van die toneel af weggejaag.

‘n Span bestaande uit die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad, Sedibeng-misdaadintelligensie, die taktiese reaksiespan en die honde eenheid het Donderdag ‘n klopjag in Fowlerstraat in Vanderbijlpark uitgevoer waartydens hulle op die gesteelde voertuie wat glo tydens die mislukte transitorooftog gebruik is afgekom.

Die verdagte het Vrydag vlugtig in die landdroshof verskyn, maar die saak is uitgestel vir verdere ondersoek.

Vaalweekblad sal meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting het. – https://vaalweekblad.com/152781/gesteelde-voertuie-van-transitorooftog-verbind-met-eienaar-van-sekuriteitsmaatskappy/

Die man in wie se besit die voertuie gevind is, is glo die eienaar van ‘n sekuriteitsmaatskappy. Foto: Verskaf

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button