News

Kontrakteur aangestel vir Weiveld-pad

Volgens die skoolhoof, mnr. Masilo, werk die skool, die Ngwathe munisipaliteit en die provinsiale paaie departement nou saam om die pad weer rybaar te kry.

Daar is reeds ‘n kontrakteur aangestel vir werk aan die S154 Weiveld-pad, en die S274 Wolwehoek-pad, is vandeesweek bevestig deur James Nkabinde, die Vrystaatse paaie departement se hoof paaie superintendent in die Fezile Dabi-streek. Hoewel dit nog nie seker is wanneer die konstruksiespan hier sal begin werk nie, is die verwagting dat daar moontlik dalk voor die einde van die jaar aandag aan die pad gegee sal word.
Die net meer as 500 leerders van die Weiveld Landbou- en Hotelskool lê tans hul eindeksamen af in twee lokale in Parys en ‘n lokaal in Sasolburg omdat die pad na die skool onbegaanbaar geword het vir die skoolbusse wat die kinders na en van die skool vervoer. Weens die swak toestand van die pad wat vererger is na swaar reën die afgelope twee weke, val die busse vas in die modder.

Die swak toestand van die pad het na die swaar reën vererger. Foto: Verskaf

Volgens die skoolhoof, mnr. Masilo, werk die skool, die Ngwathe munisipaliteit en die provinsiale paaie departement nou saam om die pad weer rybaar te kry. Dit is ook deur die Ngwathe munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, bevestig. Sy sê die munisipaliteit het ‘n skrywe aan die provinsiale paaie departement gerig vir hulp met die pad.

Die pad wat skoolbusse daagliks na die Weiveld Landbou- en Hotelskool moet ry is nou bykans onrybaar, DIe foto is geneem toe een van die busse op die pad in die modder vasgeval het. Foto: Verskaf

Die besluit om die kinders in eksamenlokale in Parys en Sasolburg te laat skryf is geneem juis ter wille van die veiligheid van die kinders sodat hulle wel hul eksamen kan aflê, het Masilo gesê.

Volgens een van die boere in die Weiveld-distrik, Vicky van der Westhuizen, het hy vir jare die pad in stand gehou en gereeld geskraap met die ondersteuning van wyle Kobus Dannhauser, Pieter van der Westhuizen en Willem Coetzer. Van der Westhuizen sê die koste om die instandhouding sonder regeringsondersteuning te doen het egter net té veel geword weens die hoë brandstofkostes, waarvoor boere nie vergoed word nie.
Hy sê weens die koste kon hy nie langer voortgaan om dié pad te skraap nie. Hy het genoem dat die Weiveld Boerevereniging as hul bydrae tot die gemeenskap wel later sal help om stormwaterpype op gedeeltes van die pad in te sit vir dreinering.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button