News

Vrae na man se dood

Die familie van 'n inwoner van Carletonville wat verlede maand buite Fochville doodgery is, het steeds baie vrae oor die omstandighede wat tot sy dood gelei het.

Volgens mnr. Stoffel Schutte is sy seun, Bazil Currin, die aand van 30 September op die deel van die R500-pad tussen die eerste ingang na Fochville en Greenspark dood nadat ‘n voertuig hom sowat 700 meter voor die Greenspark-brug getref het.

Bazil (37) het vroeër die aand by Webo’s in Losberglaan gekuier. Personeel het egter sy sleutels en bankkaarte gevat nadat hy blykbaar gesukkel het om met sy een kaart te betaal.

“Hulle sê hulle het sy sleutels gevat want hy was te dronk om te bestuur,” sê sy pa.

Dit is steeds onseker hoe Bazil, wat in Carletonville woon, op die pad na Greenspark se kant toe beland het. Sy ouers het eers 5 Oktober van sy dood uitgevind nadat hulle hom by die polisie as vermis aangemeld het. Volgens sy pa het hulle toe sy sleutels, bankkaart en motor, wat steeds by Die Boulevard geparkeer was, by die kuierplek gaan haal.

Die polisie het na die voorval ‘n saak van strafbare manslag geopen en wag volgens Schutte steeds op die uitslae van ‘n nadoodse ondersoek.

Bazil laat sy kinders Nathan (8) en Charl (16), sy broer Anthony Currin, suster Maryke Jansen van Rensburg en ouers, Stoffel en Nicolien Schutte, agter.

‘n Roudiens is 14 Oktober vanuit die NG Kerk Carletonville-gemeente in Berylstraat gehou. Hy is in Viljoenskroon veras.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button