News

Hartshuis en VVA span kragte saam vir Vredefort Versorgingseenheid

Vredefort Hartshuis is besig om met die ondersteuning van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) ‘n versorgingseenheid in Vredefort in te rig vir gestermdes en bejaardes wat slegs ‘n SASSA-inkomste het, en rehabilitasie en palliatiewe sorg benodig. Die eenheid word ingerig by Charl Cilliersstraat 16 en sal as die Vredefort Versorgingseenheid bekend staan. Volgens Zuanne-Marie van …

Vredefort Hartshuis is besig om met die ondersteuning van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) ‘n versorgingseenheid in Vredefort in te rig vir gestermdes en bejaardes wat slegs ‘n SASSA-inkomste het, en rehabilitasie en palliatiewe sorg benodig. Die eenheid word ingerig by Charl Cilliersstraat 16 en sal as die Vredefort Versorgingseenheid bekend staan.

Volgens Zuanne-Marie van der Merwe, stigter van die Hartshuis, is daar groot dankbaarheid met ses van die Hartshuis se bejaarde inwo- ners in rolstoele wat van hierdie week af by die versorgingseenheid geakkommodeer kan word. Hulle sal 24 uur versorging kry deur opgeleide versorgers wat ook diens by die Hartshuis doen, sowel as deur gesondheidswer- kers wat tans prakties opgelei word deur die nie-winsgewende organisasie, Young World Educare, sê Van der Merwe. “Ons by die Hartshuis is baie dankbaar vir die VVA wat die huis oorkant die kliniek beskikbaar gestel het aan ons bejaarde rolstoel inwoners wat die kliniek gereeld besoek.” “Ons sien uit na hierdie nuwe projek in samewerking met die VVA tot voordeel van hulle met ‘n SASSA inkomste om die versorgingsbehoeftes van bejaardes, siekes en gestremdes aan te spreek,” het sy gesê.

Sy het ook gesê dat reeds begin is om mediese toerusting aan te koop, en het die versorgingseenheid die voordeel van ‘n ten volle gemeubileerde huis met linne wat beskikbaar gestel word deur die VVA. Van der Merwe sê verskeie mense asook Netcare het linne geskenk, Maaltye vir die inwoners sal steeds deur die Hartshuis voorsien word

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button