News

Twee sterf toe motor rol

Botsing op R59 eis twee lewens

‘n Motorongeluk op die R59 tussen Parys en Vredefort het Saterdagaand 5 November die lewens ge-eis van ‘n man en ‘n vrou. Die ongeluk was sowat 2,7km buite Parys. Die bestuurder van die voertuig het vermoedelik beheer verloor waarna die voertuig gerol het. Hy is nie beseer nie.

Nog ‘n vrou wat ook ‘n passasier in die voertuig was is per ambulans na die Parys-hospitaal vervoer met onder meer ‘n bors-, skouer en beenbesering.

Geen ander voertuie was by die botsing betrokke nie. Die name van die oorledenes is nog nie bekendgemaak met die skryf van hierdie berig nie. Hulle is na wat verneem is van Evaton.

Leerders in ongeluk

Twee hoërskoolleerders van  Parys was ook vanoggend in ‘n motorongeluk op die Parys/Potchefstroom-pad betrokke. Hulle was alleen in die voertuig. Een van die seuns is per ambulans na die Potchefstroom Medi-kliniek geneem vir behandeling.

Geen ander voertuie was in die botsing betrokke nie.

  • Gazette het ook verlede week berig van die 30-jarige O.J Labuschagne, ‘n kranige sportman en ingenieur van Potchefstroom wat op Saterdagaand 29 November op die Parys/Potchefstroom-pad by Buffelshoek gesterf het in ‘n motorongeluk. Hy was van Vanderbijlpark op pad terug na Potchefstroom toe hy vermoedelik beheer oor sy voertuig verloor het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button