News

Fees van klassieke Kersmusiek deur Deo Gloria-koor

Goeie nuus vir alle liefhebbers van klassieke musiek is dat die uiters gewilde Deo Gloria Kersfeeskonsert vanjaar weer op Saterdag, 26 November in die NG Kerk in Vredefort aangebied word. Die Deo Gloriakoor, onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, het sedert sy ontstaan in 1998 mense van oraloor met ‘n program van gewyde …

Goeie nuus vir alle liefhebbers van klassieke musiek is dat die uiters gewilde Deo
Gloria Kersfeeskonsert vanjaar weer op Saterdag, 26 November in die NG Kerk in
Vredefort aangebied word.
Die Deo Gloriakoor, onder leiding van Erna Rademan en Marli Krüger, het sedert sy
ontstaan in 1998 mense van oraloor met ‘n program van gewyde en kersmusiek
vermaak. Die koorlede bestaan uit inwoners van die Noord-Vrystaat en Noordwes
provinsies wat ‘n passie vir koorsang deel.
Die opwindende program beloof om vanjaar in almal se smaak te val met liedere
soos die tradisionele Oh come, oh come Emmanuel, klassieke koortreffers soos
Pueri Concinite en selfs hedendaagse gunstelinge soos When you believe uit The
Prince of Egypt. Vele ander bekende en geliefde kersliedere word ook deur die koor,
soliste en gehoor gesing.
Die koor sing vanjaar weer saam met wêreldklas-tenoor Stéfan Louw en liriese
sopraan Marguerite van Wyk, en word begelei deur die JMI orkes (Johannesburg
Music Initiative). Die JMI is saamgestel uit professionele musici en tree by ‘n wye
verskeidenheid van geleenthede op – van operabegeleiding tot Huisgenoot Skouspel
en Kunstefeeste soos Aardklop en die KKNK.
Die NG Kerk van Vredefort se beroemde driemanuaal-orrel sal tot sy volle glorie kom
onder die hande van bekende orrelis, pianis en klavierdosent Johan Cromhout van
Bloemfontein.
Met soveel uitmuntende kunstenaars bymekaar op een ‘verhoog’, is dit die moet-
sien-produksie van die jaar!
Kaartjies kos slegs R120 en is beskikbaar by alle koorlede, asook by National
Roadhouse (langs Koepel Slaghuis) en La Vie en Rose. Kaartjies verkoop jaarliks
vinnig uit, dus is dit raadsaam om dit so gou moontlik aan te skaf. Mense wat die
konsert nie kan bywoon nie, maar wel ‘n DVD van die vertoning wil bestel, kan vir
Susan Venter kontak (078 894 3889).
Vir meer besonderhede, kontak Erna Rademan by 082 565 1085.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button