News

Drie tweelinge deel van rekord skaak-aand

Nie minder nie as drie tweelinge was verlede week deel van die rekordgetal van 19 geesdriftige skaakspelers wat Woensdagaand vasgenael agter die skaakborde gesit het vir die weeklikse skaakaand wat in Parys gehou word. Die skaakaande is al ‘n geruime tyd instelling in die dorp, en spelers van Parys en omliggende dorpe kom elke Woensdag …

Nie minder nie as drie tweelinge was verlede week deel van die rekordgetal van 19 geesdriftige skaakspelers wat Woensdagaand vasgenael agter die skaakborde gesit het vir die weeklikse skaakaand wat in Parys gehou word.
Die skaakaande is al ‘n geruime tyd instelling in die dorp, en spelers van Parys en omliggende dorpe kom elke Woensdag by Lekker Bistro bymekaar om sosiaal teen mekaar skaak te speel. Verlede week het gesorg vir ‘n nuwe rekord met 19 spelers wat die aand daar was om die spel te geniet. As jy belangstel om saam te speel op Woensdagaande om 18:00, stuur gerus ‘n boodskap na Danny Botes by 071 341 8482, sodat jy by die WhatsApp-groep ingesluit kan word. Op die groep word weekliks kommunikasie oor die Woensdagaand se spel gedeel, en is dit makliker om op hierdie manier seker te maak genoeg tafels word bespreek vir spelers wat die Woensdagaand kom speel.
Daar is geen koste nie. Bring net jou eie bord en skaakstukke, en kom geniet die aand saam met ander wat ook die spel geniet.
Die spelers is nie verbonde aan ‘n klub nie, en speel ook nie wedstryde nie. Dit is bloot om die spel te geniet, en geleentheid te gee om teen ander spelers te speel.
Of jy net ‘n beginner is, of ervare speler – enigeen is welkom en geniet die skaakaande ewe veel – hiervan kan die tweelinge jou baie vertel.
Jy sal boonop verbaas wees hoeveel vaardighede die spel help ontwikkel. Dit sluit in sosiale vaardighede, konsentrasie,taalvaardighede, lewensvaardighede en logiese denke.

Related Articles

Back to top button