News

Antwoorde opnuut gesoek vir Vredefort se waternood

Groot frustrasie ook in Vredefort oor waternood

Vredefort se waterprobleme gaan hopelik opnuut ondersoek word. Die keer deur die MPAC, die Ngwathe-stadsraad se staande komitee vir onder meer verkwisting en verdagte kontrakte. Dit volg na ‘n versoek hieroor deur DA-raadslid Arnold Schoonwinkel, ‘n lid van MPAC, en wat beskryf is as ‘n ” hoogs ontwykende” tegniese verslag oor Vredefort se waterprobleme wat aan die raad se Infrastruktuurkomitee voorgehou is.

Uit die verslag was dit weer duidelik dat die aanleg nie genoeg water suiwer vir die dorp se inwoners, en die talle nuwe erwe in Mokwallo nie. Die werk aan die wateraanleg verlede jaar het nie die kapasiteit van die aanleg vergroot nie, maar op minder noodsaaklike herstel- werk gefokus.

Op die infrastruktuurvergadering verlede maand het De Jager talle foute en wegla- tings uitgewys. Ekstra kleppe was nodig, maar is nie aangebring nie. Slegs een van die noodsaaklike watersuiwe- raars is skoongemaak, en die sandbeddings in die filters is nie hernu nie. Chemiese opgaartenks is nie opgeknap nie, en chemikalieë word buite geberg en aan bederf blootgestel. Raadslede van ander partye was ewe uitgesproke in hul kritiek. Die raadgewende ingenieur wat die vergadering bygewoon het, het verklaar dat die kontrakteur “in sommige gevalle nie reageer het op advies of kritiek nie” en die terrein verlaat het voordat alle gekontrakteerde werk voltooi is. “Tog is hy ten volle betaal,” sê De Jager.

Die komitee het vandeesweek ook weer ‘n oorsigbesoek aan die aanleg gebring om tekortkominge te identifiseer en oplossing voor te stel.

Intussen vra DA-raadslede ook vrae oor boorgate wat agt jaar gelede ten duurste by Vredefort gesink is, maar nie in gebruik is nie. Hulle vra dat MPAC dit ook ondersoek

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button