News

Man in hegtenis vir onwettige dade met seuns

‘n Middeljarige man wat voorheen in die Carletonville gewoon het, is onlangs weer in verband met verskeie onwettige dade met seuns in hegtenis geneem.

Volgens die polisie is die 56-jarige man, wat voorheen in Welverdiend en Deelkraal gewoon het, vroeër die maand in Bela-Bela in hegtenis geneem nadat die polisie vir ‘n tyd na hom gesoek het.
‘n Lasbrief is vir sy arrestasie uitgereik en deur die land gesirkuleer.
Hy het reeds op aanklagte van verkragting en seksuele gereedmaking (grooming) van vyf minderjarige seuns in die landdroshof in Oberholzer verskyn. Hy is steeds in aanhouding en moet Vrydag, 28 Oktober weer in dieselfde hof verskyn.
Dieselfde man is ook in 2020, toe hy in Deelkraal gewoon het, in verband met beweerde onsedelike dade met seuns in hegtenis geneem. Die sake word deur die polisie se provinsiale eenheid vir gesinsgeweld, seksuele oortredings en kinderbeskerming ondersoek.

Related Articles

Back to top button