News

Dié jong akteurs het jou stem nodig op die wêreldverhoog

Hulle het jou stem nodig

 


Vyf talentvolle jong dramastudente van Parys, Miané Roux, Carli en Reuben de Jager, Annabelle van Wyk en Vivienne van der Schyff, sal vanjaar teen van die beste deelnemers uit 45 lande van regoor die wêreld kompeteer in die wêreld se grootste drama kompetisie, die World Monologue Games, wat vanjaar vir die derde jaar agtereenvolgens aangebied word.
Daar word dikwels na dié kragmeting as die Olimpiese Spele vir akteurs verwys, en word daar in ses verskillende kategorieë deelgeneem.
Carli en Reuben sowel as Annabelle en Miané neem hierdie Saterdag, 22 Oktober, deel aan die Tiger-kategorie vir Afrika se streeks-finale. Soos verlede jaar sal kykers se stemme weer vanjaar help bepaal wie deurgaan na die finaal.
Parysenaars kan gerus Saterdagoggend 22 Oktober om 11:00 by die YouTube skakel https://www.youtube.com/watch?v=msSWpRMJbGM gaan kyk na Carli, Reuben, Annabelle en Miané se deelname waar ook vir hulle gestem kan word.
Reuben vertolk die rol van Oliver Twist wat net nog ’n bietjie kos wil hê, terwyl Carli die karakter, Margaret uit die bekende film, Dennis the Menace speel, en tog so graag deel van sy groep wil wees.

Reuben de Jager.

Carli de Jager.

Miané vertolk die rol van Minnie Mouse in haar monoloog, waar sy haar gedagtes deel oor die rok wat sy dra, en dat sy steeds opgeskeep sit met Micky, en nie met haar liefling prins kan trou nie.

Miané Roux.

Annabelle se monoloog is getiteld “Barbies are for Babies” en handel oor ’n 8-jarige dogtertjie wat nie soos ’n baba deur haar ouers hanteer wil word nie.

Annabelle van Wyk.

As jy ’n gmail epos-adres het, kan jy vir hulle stem tydens en ná die uitsending, maar stemme moet binne 48 uur in wees. Stemme mag nie voor die uitsending gestuur word nie. Een stem per persoon.
Vivienne neem op Saterdag 29 Oktober om 13:00 deel aan die Youth kategorie waar sy met 2 monoloë gekwalifiseer het vir die streeksfinaal van deelnemers uit Suid-Afrika en Kanada.
Vivienne se monoloë is as volg: Her name was Sarah wat handel oor ’n tiener wat met haar sielkundige haar emosies deel wat sy ervaar het sedert haar vriendin, Sarah, selfmoord gepleeg het.
Brighton Beach Memoirs handel oor ’n meisie wat terugdink aan haar pa se jas.
Vivienne is die enigste deelnemer in die Youth kategorie wat met twee monoloë gekwalifiseer het.

Vivienne van der Schyff.

Die skakel waar jy op die 29ste Oktober om 13:00 vir Vivienne sal kan stem is https://youtube.be/F-KZP2iONnk
Al vyf leerders is dramastudente van die Linda Theron Drama-studio in Parys.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button