News

Dankie vir elke bydrae

Hulp vir Jagersfontein

Dankie vir elkeen wat hul harte oopgemaak het vir die nood van die mense van Jagersfontein. Baie het alles verloor wat hulle gehad het, toe ‘n damwal by die Jagersfontein-myn in September gebreek, en huise letterlik platgevee is.

Die items wat deur die Parys-gemeenskap ingesamel is, is Dinsdagaand 11 Oktober gelaai en sou vandag tot op Kroonstad geneem word, vanwaar dit dan verder vervoer sal word tot by Jagersfontein om te versprei na waar die nood die grootste is.

Related Articles

Back to top button