News

Ses dekades se saamwees

“Watter voorreg is dit nie vir kinders om ‘n ouerpaar te hê wat so ‘n kosbare voorbeeld vir ons gestel het nie,” sê hul kinders.

Hannes en Nellie de Swardt, jarelange inwoners van Parys, het Donderdag, 29 September hul 60ste huweliksherdenking gevier
Hulle het op die onvergeetlike dag in 1962 in die NG Moedergemeente in Parys ewige trou aan mekaar beloof.
Hulle het nie net hul belofte nagekom nie, maar ook wonderlike hoogtepunte saam bereik, sê die twee. Die egpaar het 4 kinders, 11 kleinkinders en een agterkleinkind. Vir hulle is die resep vir ‘n gelukkige huwelik God as middelpunt, vergewensgesindheid, getrouheid en tonne liefde. “Watter voorreg is dit nie vir kinders om ‘n ouerpaar te hê wat so ‘n kosbare voorbeeld vir ons gestel het nie,” sê hul kinders.

Related Articles

Back to top button