News

Muishond kom kuier in Potchefstromer se erf

Danksy die hulp van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) kon hierdie ongewone gas gevang word.

Dit is nie elke dag dat ‘n mens ‘n kommetjiegatmuishond in jou erf kry nie.

Danksy die hulp van Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) kon hierdie ongewone gas gevang word. PAWS het toe hierdie muishond na Rene Griffon se dierereservaat gestuur om in die natuur gerehabiliteer te word.

Die bekende Potchefstromer, Bertus le Roux, het rondom 04:00 ‘n vreemde skril skreeugeluid in hulle erf in Bailliepark gehoor.

“Ons twee Jack Russels was baie ontsteld, maar ons kon nie agterkom wat die geluid gemaak het nie. Toe ons vanmiddag na ‘n familie-kuier tuis kom, het ek ‘n vreemde dier agter ons tuinhuisie opgemerk en dadelik Darren Kruger van PAWS gekontak vir hulp,” vertel Le Roux.

https://potchefstroomherald.co.za/114669/video-muishond-kom-kuier-in-potchefstromer-se-erf/

Related Articles

Back to top button