News

Kokkedoor raak vurig!

kykNET se Kokkedoor trek ’n braai-voorskoot aan

In 2023 is dit die tiende verjaarsdag van die gewilde Afrikaanse koswerklikheidsreeks Kokkedoor, en om dit te
vier gaan dit weer as ’n hoofgereg op kykNET vlamvat…
Kykers het in 2013 vir die eerste keer aan die Kokkkedoor-tafel kom sit en oor die jare het nog familielede van
die reeks, Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie geurryke vermaak verskaf.
Wanneer dié unieke Afrikaanse reeks volgende jaar van die spensrak afgehaal word, trek dit ’n nuwe braai-voorskoot, Kokkedoor Vuur & Vlam, aan.
Vir Kokkedoor Vuur & Vlam gaan deelnemers alles in die vlamme, op die kole, binne-in die as of op die rooster
moet voorberei. Soos met die vorige reekse, is belangrike bestanddele weer eens die kombinasie van vernuwing
en onthou, van oud en nuut, asook van nostalgie en die onbekende.
Daarom soek kykNET nou vurige spanne, wat uit twee lede bestaan, om aan die reeks deel te neem. ’n Span
bestaan uit ’n “pro”, wie ’n professioneel of opgeleide persoon in die kosbedryf is, en ’n familielid, wie die
“entoesias” is en passievol is om om te braai.
Skryf só in:
Besoek www.kyknet.tv of stuur ’n video per WhatsApp-boodskap na 064-736-5013. Vir die inskrywingsvideo,
wat nie langer as drie minute mag wees nie, moet spanne die volgende doen:
• Hulself bekendstel;
• Vertel wie hulle is;
• Sê van waar hulle is;
• Verduidelik wat die professionele spanmaat se kwalifikasies of kos-agtergrond is;
• Beskryf wat die familieverband is;
• Vertel hoekom hulle wil deelneem.
Hoe oud moet iemand wees om deel te neem? Ten minste 18 jaar oud op die dag van die oudisie.
Kan enigiemand inskryf? Enige Suid-Afrikaanse of Namibiese burger, wat ’n geldige identiteitsdokument het.
Wat is die definisie van ’n “pro”? Dis die spanlid met die papiere, kwalifikasies of bewese ervaring in ’n
professionele kombuis of verwante blootstelling in die kosbedryf het. Dié deelnemer het gevorderde koskennis,
tegniese vermoëns en toon kreatiwiteit met kos.
Wat is die definisie van ’“entoesias”? Dié persoon, wat ’n familielid van die “pro” is, is waarskynlik met ’n
braaitang in die hand gebore en het ’n passie vir kosmaak en die braai-leefstyl.
Waar word die oudisies gehou? Oudisies sal in Bloemfontein, Gauteng en Kaapstad in Januarie en Februarie
2023 gehou word.
Wanneer en waar gebeur verfilming? Die spanne wat deurdring om deel te neem, gaan van 17 April tot 6 Mei
2023 in die Kaap-omgewing beskikbaar moet wees.
Wat is die sluitingsdatum vir inskrywings? 1 Desember 2022, en jy kan nou reeds inskryf.
Soek jy meer inligting of het jy navrae? Stuur ’n e-pos na navrae@kokkedoor.tv.

Related Articles

Back to top button