News

Blikkies, maar hier gaan dit lekker raak

Bring die familie, bring jou blikkies en kom kuier saam.

Hierdie Saterdag, 24 September word hier fees gevier in Parys soos dié dorp lanklaas gesien het, want ná twee jaar se grendelmure is daar geen keer aan die pret wat beplan word vir vanjaar se Blikkiesfees.
Die fees word gehou op die kerkterrein van die Hervormde Kerk Parys. En wanneer beter as op Nasionale Braaidag? Met die fees word uitgereik na hulle in nood in jou gemeenskap.
‘n Wyse man het eens gesê: “Een kers kan ‘n duisend ander kerse aansteek sonder om ‘n enkele uur van sy lig te verloor.
“Dit is die hart van barmhartigheid. Om barmhartig te wees teenoor iemand anders is nie net ‘n plig nie, maar ‘n voorreg. Vanjaar se Blikkiesfees is ‘n poging om ‘n kers te wees wat ‘n gemeenskap van kerse kan aansteek,” sê ds. Juan de Beer, leraar van die Hervormde Kerk in Parys.
“Ons wil hoop en kos gee vir ons gemeenskap. ‘n Mens kan net ‘n dag in Parys se strate spandeer om raak te sien hoe baie mense sonder kos is. Dit is selfs meer opvallend hoeveel mense voorhou dat dit goed met hulle gaan, maar met leë koskaste sit.”
Juis daarom wil die Parys Blikkiesfees ‘n verskil maak deur nie-bederfbare produkte in te samel sodat Parys se gemeenskap ook ‘n verskil in die lewens van mense met nood kan maak.
Jy weet nooit hoe ver ‘n blikkie kos kan gaan vir iemand wat niks anders het nie. Hekke open Saterdag om 08:00, waarna ds. Juan de Beer om 09:00 die fees amptelik open.
Só lyk die kunstenaarsprogram vir die dag
09:45 – 4Eva Young
10:30 – Ricky Faber
11:30 – RNK
12:30 – Reinhardt Venter
13: 45 – Liezel Pieters
15:00 – Ruan Josh
16:00 – 4Eva Young
17:00 – Demi Lee Moore
18:00 – Hekke sluit
Daar is talle stalletjies en lekkernye. Kom kry ook jou braaipakkie en braai sommer net hier.
Hierdie projek is op geen manier ‘n winsgewende projek vir die kerk nie, maar ten volle gefokus om die gemeenskap te dien.
Bring die familie, bring jou blikkies en kom kuier saam.
Toegang is R100 vir volwassenes plus twee nie-bederfbare blikkies kos, terwyl kinders o.12 geen toegang betaal nie – bring net jou twee blikkies nie-bederfbare kos.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button