News

Liggaam van baba in sak op strand in Hartenbos gevind

Die liggaam is in 'n pienk lap en twee plastieksakke toegedraai en in 'n koelsak versteek.

‘n Ondersoek is deur polisie in Hartebos geloods na die liggaam van ‘n baba vanoggend op die strand gevind is.

Forensiese beamptes Kenwyn Barnardo en Nathan Moolman dra die liggaam van ‘n baba weg.

Die geslag en ouderdom van die baba is nog nie bekend nie.

Die polisie se kommunikasiebeampte, Adjudant Offisier Kappie Kapp, sê die liggaam is om ongeveer 10:00 naby die riviermond deur ‘n strandganger gevind.

“Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om ons met inligting te help. Enigeen met inligting oor iemand wat onlangs geboorte geskenk het en skielik nie meer ‘n baba het nie sal die ondersoekspan help. Die lap waarin die baba toegedraai is en die koelsak is ook uitkenbaar.”

Related Articles

Back to top button