News

Moenie sloer om jou rybewys te hernu nie

Agterstand nou uitgewis

Mense wie se rybewyse verval het, sal plan moet maak om dit te hernu. Die agterstand wat daar was met rybewyse wat hernu moes word, is uiteindelik nou ingehaal, maar daar is nog nagenoeg 1,2 miljoen motoriste wat nie hul rybewyse hernu het nie.

Die enorme agterstand wat daar vroeër was met rybewys hernuwings was as gevolg van die Covid-19 inperkings, en die masjien wat die rybewyskaarte druk wat gebreek het.

Tydens ‘n mediakonferensie het die minister van vervoer, Fikile Mbalula gesê, dat hy bekommerd is oor mense wat nie hul rybewyse hernu nie, omdat dit beteken dat daar mense op die land se paaie is sonder ‘n geldige rybewys.

Dit blyk dat meeste van diegene wat nie hul rybewyse hernu het nie, oortredings het.

Intussen is ‘n nuwe rybewyskaart soortgelyk aan die nuwe ID-kaarte, deur die kabinet goedgekeur wat uiteindelik die huidige rybewyskaart sal vervang. Die nuwe kaart sal van 1 November 2023 in werking kom.

Daar sal egter ‘n oorgangstydperk van vyf jaar wees, wat sal beteken dat die huidige rybewyskaarte nog tot 2029 geldig sal wees.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button