News

Drie met polisiemaskers beroof sakeman

Polisie soek na inligting wat kan lei tot die arrestasie van die drie verdagtes

‘n 50-Jarige sakeman is Sondag 28 Augustus beroof deur drie verdagtes wat hul as polisiebeamptes voorgedoen het.

Die man was onderweg van Welkom na Johannesburg om voorraad vir sy onderneming te gaan koop toe hy by die Heuningspruit-afrit gedwing is om stil te hou deur ‘n wit Toyota Corolla met blou ligte.

Drie mans met maskers met die polisie kenteken daarop, het hom genader en selfs vir hom hul polisie identifikasie kaarte gewys. Een van die rowers het toe ‘n vuurwapen uitgehaal en dit op die slagoffer gerig. Hy is uit die bestuursitplek gestamp waarop een van hulle toe agter die stuurwiel ingeskuif het, en nog een van die drie ook in sy voertuig geklim het.  Hulle het toe met sy voertuig, gevolg deur die Toyota Corolla tot by die Koppies-pad gery waar hulle hom gelos het, en toe gevlug het met sy selfoon en ‘n onbekende bedrag geld, sĂȘ sers. Josephine Rani, woordvoerder van die polisie in die Fezile Dabi-distrik.

Die polisie het gevra dat enigeen wat inligting het oor die voorval, a.o. Sthabathaba Pakela sal skakel by 082 466 6819 of anonieme wenke kan deurgegee word op die MySAPS toepassing (app).

 

Related Articles

Back to top button