News
Uitsonderlike prestasie vir Hoërskool Parys met Wiskunde kompetisie
Baie geluk aan al die leerders wat deurdring en almal wat vandag deelgeneem het. Julle hou Parys se naam hoog.
Na afloop van vandag, Dinsdag 23 Augustus se semi finale rondte van die Vrystaatse Wiskunde kompetisie wat in Kroonstad gehou is, het Parys die uitsonderlike prestasie behaal met 7 van die 12 leerders wat deurdring na die finale rondte, wat van Hoërskool Parys is
Baie geluk aan elkeen van die leerders en ook elkeen wat deelgeneem het.
Die leerders wat deurdring na die finaal is
Gr 10 Jadon Smit, Bontle Roberts en Kyla Jardim.
Gr 9 Reinhard vd Hoven.
Gr 8 Linden Smit, MW Supra en Dregan Brink.
Linden het ook opspraak gemaak deur 99% vir die graad 8 vraestel te behaal.
You can read the full story on our App. Download it here.