News

Geliefde oudbankbestuurder sterf ná kort siekbed

Sy geliefdes vier sy lewe met ’n gedenkdiens op 23 Augustus.

Neels Engels wat vir jare bestuurder van Standard Bank Parys was, en by vele instansies sy stempel afgedruk het in die gemeenskap van Parys, is op 17 Augustus ná ’n kort siekbed oorlede. Hy het sy geveg teen kanker, hart- en nierversaking verloor, net twee weke voor sy 78ste verjaardag wat op 2 September sou wees.
Neels word onthou as ‘n groot, sterk en streng man, wat altyd regverdig was, omgegee het vir sy medemens en intens lief was vir sy vrou Linette, sy vier dogters, drie skoonseuns, sewe kleinkinders en hondjie Luci.

Hy en sy gesin het in 1991 na Parys verhuis.
Neels was tot 1998 bestuurder by Standard Bank Parys, en het ná sy aftrede, Alleman Eiendomme geopen.
Hy was baie betrokke by verskeie instansies, onder meer as president van die Rotariërs.
Neels was ‘n passievolle sportliefhebber en jagter, en het sy liefde vir gewere en herlaai, met baie gedeel.
Hy het beide in sy beroep, sowel as sy persoonlike lewe, menige se lewe aangeraak, en oral gehelp waar hy kon.

 

Related Articles

Back to top button