News

Trane loop by Vyfhoek

Potchefstromers het hulle medelye as gemeenskap vanmiddag (Maandag, 22 Augustus) by Laerskool Vyfhoek gedeel vir die vyf leerders wat hulle lewens tydens verlede Donderdag se tragiese ongeluk verloor het.

By die ingang van die skool staan daar ‘n groot kruis met die oorlede kinders se name op wat, Vincent Clarke, self gemaak het.

Clarke was een van die eerste mense op die ongelukstoneel verlede Donderdag. Volgens hom het Potchefstroom se nooddienste soos een man alles gegee om lewens te red.

Pastoor Errick Coetzee het die Bybelverhaal van Jesus en Lazarus vertel en genoem dat Jesus ook gehuil het. Hy het ook met ‘n gebed gevra vir vertroosting van die families.

Kyk na die foto’s van vandag se gebeure by Vyfhoek Laerskool op Potchefstroom Herald se webtuiste https://potchefstroomherald.co.za/112210/fotos-trane-loop-by-vyfhoek/

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button