News

Dankie vir sulke inisiatief om Rooidam se wal skoon te hou

Daar word egter steeds gewag vir die munisipaliteit om die Rooidam se water te spoel wat telkemale met riool besoedel word.

Die damwal by die Rooidam in Derdelaan lyk sommer weer netjies. Dit nadat daar die afgelope tyd baie hard gewerk is danksy die inisiatief van dr. Brigitta Wessels van Parys Dierehospitaal, om met die hulp van werkers hier op eie koste skoon te maak. Die Working on Fire-span is ook deur haar gekry om ‘n beheerde brand hier te maak aan die Derdelaan en Wesstraat-kant, asook agter die dam.

Dankie vir hierdie inisiatief om die omgewing vir inwoners skoon en veiliger te hou, asook vir Karien Viljoen vir die gebruik van haar wa, en die vragte vullis wat weggery is. So ook aan Anida Kotze, Karien Viljoen, Desré Smit, Susan van Tonder en Carl van Breda wat die afgelope twee jaar help om die damwal aan hul kant by die bokant van Uniestraat, en die h/v Unie en Derdelaan, ook op eie koste, skoon te hou. Dit is inisiatiewe soos hierdie wat ‘n groot verskil in ‘n gemeenskap maak. Daar word egter steeds gewag vir die munisipaliteit om die Rooidam se water te spoel wat telkemale met riool besoedel word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button