News

Juavan: Dit was trane van blydskap, nie hartseer nie

Juavan uiteindelik by die huis

Die 17-jarige Juavan Prinsloo van Parys is Vrydag uit die Tshepong staatshospitaal in Klerksdorp ontslaan nadat hy op Dinsdag 9 Augustus, vir langer as 5 uur in die teater was om sy nekwerwels weer reg te belyn en skroewe en plate in te sit. Dit nadat Juavan wat vir Hoërskool Volkskool se eerste rugbyspan speel, op Saterdag 6 Augustus binne die eerste minute van die wedstryd baie ernstig beseer is.
Nadat die wedstryd tussen Volkies en die Hoërskool Centurion se eerste spanne op Volkies se tuisveld in Potchefstroom afgeskop het, het Juavan ‘n opponent geduik en in die proses ‘n stamp teen die kop gekry waardeur sy nek beseer is.  As belowende senter was daar groot verwagtinge vanjaar op die rugbyveld vir hom gekoester, maar is sy dae op die rugbyveld vergoed verby weens die erns van sy besering.
Maar Vrydag was dit trane van blydskap, nie hartseer nie, toe Juavan uiteindelik uit die hospitaal ontslaan is, vertel pa, Rudi Snyder, wat ook ’n sakeman van Parys is.
Daar lê egter nog ’n baie lang pad na herstel en rehabilitasie voor vir Juavan wat vanjaar ’n graad 11 leerder aan Hoër Volkskool is.
Hy moet oor twee weke die rehabilitasiespan sien, maar sal vir 4 weke eers in die bed moet wees voordat hy kan begin met rehabilitasie.
Juavan en sy ouer broer, Dean (19) het vanjaar albei vir hul skool se eerste span gespeel – Juavan as senter en Dean as losskakel.
Rudi sê hy en Juavan se ma, Michelle, en die gesin is ongelooflik dankbaar dat Juavan nie verlam is nie, en
is innig dankbaar vir elke gebed en gebaar van omgee en ondersteuning uit die gemeenskap waarmee hulle omring is sedert Juavan se besering. Die gesin is nou bykans twee jaar in Parys gevestig.
Juavan se biologiese pa is oorlede toe hy nog baie klein was.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button