News

Tannie Kitty se hande hekel weer

Dankie aan Gill wat tannie Kitty se nood onder ons aandag gebring het, en vir hulle wie se harte en hande oop was om te help

Om te brei en te hekel is vir die 80-jarige tannie Kitty van die Epilepsie-sentrum in Parys deel van ‘n dag se roetine. Jy sien haar nie sonder haar naalde en brei- of hekelgare nie. Die klein handjies is altyd besig.


Verlede week het tannie Kitty se sakkie naalde en gare egter iewers op die sentrum se perseel verlore geraak. ‘n Parysenaar wat van tannie Kitty se penarie te hore gekom het, het op die Chats for Parys WhatsApp-groep hulp gevra, en is daar dieselfde dag nog gehelp om tannie Kitty weer aan die hekel te kry. Maar dis nie al nie. Anna Patat het vir tannie Kitty ‘n hele sak wol en ekstra naalde geskenk om seker te maak haar wolletjies raak nie op nie. As jy die pragtige komberse en doilies in tannie Kitty se woonstel sien wat haar twee hande gemaak het, besef jy hoeveel vreugde die handwerk haar gee.


Dankie aan Gill wat tannie Kitty se nood onder ons aandag gebring het, en vir hulle wie se harte en hande oop was om te help.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button