News

Juavan: “Dit gaan goed onder omstandighede “

Moenie ophou bid saam met hierdie gesin nie

Die 17-jarige Juavan Prinsloo van Parys is tans in die intensiewe sorgeenheid van die Tshepong-staatshopitaal in Klerksdorp nadat hy gister, Dinsdag 9 Augustus, vir langer as 5 uur in die teater was om sy nekwerwels weer reg te belyn en skroewe en plate in te sit. Sy pa, Rudi Snyder, het vanoggend gesê dat dit bitter baie goed met Juavan onder omstandighede gaan.

Daar sal vandag nog x-strale gedoen word om te bepaal of daar weer geopereer moet word, aldan nie. Daar lê egter nog ‘n baie lang herstel- en rehabilitasiepad vir Juavan voor.

Die 17-jarige Juavan Prinsloo van Parys wat Dinsdag 9 Augustus geopereer is na ‘n ernstige rugbybesering

Juavan, wat ‘n graad 11 leerder aan die Hoërskool Volkskool in Potchefstroom is, is Saterdag 6 Augustus baie ernstig beseer minute nadat die wedstryd tussen Volkies en die Hoërskool Centurion se eerste spanne op Volkies se tuisveld afgeskop het. Juavan het ‘n opponent geduik en in die proses ‘n stamp teen die kop gekry waardeur sy nek beseer is.

Juavan en sy ouer broer, Dean (19) speel albei vir Volkies se eerste span, en is beide baie belowende spelers – Juavan as senter en Dean as losskakel. Soos met Dean is daar ook groot verwagtinge vanjaar gewees vir Juavan op die rugbyveld, maar is sy rugbydae weens die erns van sy besering nou op ‘n einde.

Ten spyte daarvan is die gesin oneindig dankbaar dat Juavan nie verlam is nie.

Hulle is ook innig dankbaar vir elke gebed en gebaar van omgee en ondersteuning uit die gemeenskap waarmee hulle omring is sedert Juavan se besering. Die gesin is nou bykans twee jaar in Parys gevestig.

Juavan se biologiese pa is oorlede toe hy nog baie klein was.

Vir Rudi, en ma, Michelle lê daar nog ‘n lang pad voor wat hul saam met Juavan moet stap vir sy herstel, maar dit is n pad van groot dankbaarheid en genade.

Links is Juavan en Dean langs mekaar op die rugbyveld in die Hoër Volkskool se eerste span rugbytruie

Mense wat graag ‘n bydrae wil maak om die gesin te help met Juavan se rehabilitasie en ander mediese kostes kan die volgende rekeningbesonderhede gebruik. 

FNB/RMB

Rekeninghouer: *Golfgo (pty)ltd

Rekeningtipe: Gold Business Account

Rekeningnommer: 62930839529

Takkode: 250655

Jauvan Prinsloo (17) ‘n eerstespan rugbyspeler van Volkies het drie nekwerwels in ‘n rugbybesering gebreek. Foto: Verskaf

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button