News

Wewenaar se stryd: ‘n Vreemde vrou lê in my graf!

“Ek en die seuns het al die moontlikhede oorweeg, maar nie een hiervan is vir ons aanvaarbaar nie,” sê mnr. Gert Olivier.

Verstom en magteloos kwaad. Dis hoe ‘n Sasolburgse man sy emosies beskryf nadat hy onlangs met skok uitgevind het dat ‘n vreemde vrou skielik begrawe lê in die graf wat hy vir homself langs dié van sy oorlede vrou bespreek en betaal het.

Dis skaars sewe maande nadat mnr. Gert Olivier van Menellstraat, by sy vrou se graf van haar moes afskeid neem. Elize (61) was sy maatjie vandat hulle 42 jaar gelede ontmoet het toe hulle saam by Sasol begin werk het. Na ‘n huwelik van 38 jaar het hy haar op 28 Desember 2021 weens orgaanversaking verloor. Sy was die voorafgaande drie jaar ‘n lupuslyer en het verlede jaar kort na haar Covid-inenting beswyk. Vir Gert en hul twee seuns, Flip en Deon, lê die seer nog na aan die oppervlak. Dis dié dat die skok so groot was toe hulle sien iemand anders lê nou skielik langs haar in die graf wat vir hom bedoel was.

“Dis my plek daardie. Ek wil eendag daar langs my vrou lê. Dit is waarom ek my graf dadelik langs hare bespreek en R3 381 vir die twee grafte betaal het toe ons haar in Januarie daar begrawe het,” sê Gert.

Dit is duidelik dat hy sy plek langs haar nie sonder ‘n groot geveg gaan opgee nie, maar sy stryd is nie teen die oorlede Sotho-dame wat op 22 Junie gesterf het en nou in sy graf lê nie. Dis teen die Metsimaholo-munisipaliteit wat onnoukeurig was en die reeds bespreekte graf foutiewelik aan haar familie herverkoop het, sê hy.

Lees die volledige berig by

Wewenaar se stryd: ‘n Vreemde vrou lê in my graf! | Vaalweekblad

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button