News

Kinders sterf in tragiese ongeluk

Vyf mense, onder wie minstens drie kinders, is Sondagaand dood in ‘n gru-botsing op die R721 tussen Vredefort en Kroonstad. Die Corsa bakkie waarin die vyf insittendes was, het met ‘n vragmotor gebots wat in die rigting van Vredefort onderweg was. Die bakkie het met die impak van die botsing aan die brand geslaan. Die …

Vyf mense, onder wie minstens drie kinders, is Sondagaand dood in ‘n gru-botsing op die R721 tussen Vredefort en Kroonstad.

Die Corsa bakkie waarin die vyf insittendes was, het met ‘n vragmotor gebots wat in die rigting van Vredefort onderweg was. Die bakkie het met die impak van die botsing aan die brand geslaan.

Die ongeluk het ongeveer 19:30 Sondagaand gebeur.

Al vyf die insittendes van die bakkie is op die toneel dood. Vier van die oorledenes was van Mokwallo, Vredefort, en is 3 van die  oorledenes na wat veneem is van een gesin. Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.

Die ouderdomme van die oorledenes is 18, 16, 11 en 10 jaar onderskeidelik. Die ouderdom van die vyfde oorledene kon nog nie met die skryf van die berig bevestig word nie.

Ons innige medelye met die familie van die oorledenes.

 

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button