News

Polisielede geloof ná gesteelde Arabierperde gekry is

  Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat, lt-genl. B.B. Motswenyane, het net die hoogste lof die afgelope week gehad vir polisielede se flink  optrede wat  gehelp het om twee gesteelde Arabierperde  met hul eienaar te kon herenig. Die twee Arabierperd merries is uit hul stal op’n plaas in die Kroonstad-distrik gesteel, nadat hul …

 

Die polisie se provinsiale kommissaris in die Vrystaat, lt-genl. B.B. Motswenyane, het net die hoogste lof die afgelope week gehad vir polisielede se flink  optrede wat  gehelp het om twee gesteelde Arabierperde  met hul eienaar te kon herenig.

Die twee Arabierperd merries is uit hul stal op’n plaas in die Kroonstad-distrik gesteel, nadat hul eienaar hulle nog die vorige middag om 17:00 versorg en in die stal gesit het. Die Woensdagoggend toe die eienaar by die stal kom, was die perde weg.

Maokeng Misdaadvoorkomingslede en lede van die Kroonstad SAPD, het blitsig gereageer op die klag, en is die twee verdagtes gevang op ‘n verlate plaas nie ver van die plaas van die eienaar van die perde.

Ná ondervraging is die twee perde versteek in die bosse in ‘n nywerheidsgebied gekry. Die perde se waarde is R55 000 en R30 000 onderskeidelik.

LInks is Moakeng se Misdaadvoorkoming bevelvoerder kapt. Daniel Motsoeneng, saam met sers Yvonne Dhlakisa van die Kroonstad SAPD, by die twee Arabierperde wat teruggevind is.

Die twee verdagtes het reeds voor die Kroonstadse landdroshof verskyn.

Lt-genl. Motswenyane het in ‘n boodskap aan die lede gesê dat tyd  van kritieke belang is wanneer ‘n gemeenskap staatmaak op die polisie se diens. Dit is  vinnige optrede wat hierdie resultate verseker het.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button