NewsNews

Naaldkant is so oud soos die mensdom self

Volledige kledingstukke, handsakke, kragies en mouboortjies, lampskerms, Kersboomversiering en vele meer is van naaldkant gemaak.

Met dié handvlyt is drade, vesels, ensovoorts op enige manier aanmekaar geheg, hetsy vir versierings of praktiese gebruik.
Só kry jy ook aalwyn kant (Aloe lace) en sywurmkant (caterpillar lace) – beide baie broos en waarvan nie veel nog te sien is nie.
Lede van die Vroue Landbou Unie (VLU) van Parys was onlangs baie geïnspireer deur die leersame en praktiese demonstrasie van naaldkant deur Wileria Roux. Elke lid het daarna ook die geleentheid gehad om die kuns op ‘n stukkie lap te kon baasraak.

Wileria Roux het ‘n praktiese demonstrasie oor naaldkant vir die VLU-vroue aangebied. Foto: Verskaf

Vinnige feite
* Vir sywurmkant is ‘n pasta van moerbeiblare en meel op groot klippe gesmeer, die patroon met olie daarop geteken en sywurms aan die onderkant van die klippe geplaas. Hulle het dan die dele toegespin waar daar nie olie was nie.
* ‘n Haarnet is die oudste voorbeeld van kant deur argeoloë gevind naby Schleswig in Duitsland. Dit dateer uit ongeveer 3 000 – 4 000 jaar voor Christus.
* Tot 1675 is net mans toegelaat om klere te maak.
Later het Louis XIV vroue toegelaat om hul eie klere te maak, maar ook net sekere tipes klere.
* Seuns ouer as 8 jaar se klere moes deur ‘n man gemaak word.
* Die prys van kant is bepaal volgens die lengte in el gemeet.
* Die eerste erkende naaldkant is gesien in ampsdraers se klede in Europese kerke, veral Italië.
* Naaldkant is nie as naaldwerk beskou nie, maar wel as handvlyt saam met brei, hekel, ensovoorts.
* Naby Venesië is daar twee eilande waar baie mooi kant gemaak word – Burano en Murano.
* Gebruike is so wyd as wat ons verbeelding kan strek. Byna alle ontwerpe vir ander tipes borduurwerk kan as naaldkant ontwerp gebruik word.
* Industriële masjiengemaakte kant het gekom jare nadat sulke patrone met die hand gemaak is. Dit is waarskynlik ook waar die ontwerpe vandaan kom.
* Volledige kledingstukke, handsakke, kragies en mouboortjies, lampskerms, Kersboomversiering en vele meer is van naaldkant gemaak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button