NewsNews

Polisie soek inligting ná dood van 57-jarige man

Ooggetuies van moordtoneel gesoek

Die polisie soek na mense wat moontlik ooggetuie was van ‘n voorval op 25 Julie in Vaalpark, toe ‘n 57-jarige man vermoor is.

Na bewering het die 37-jarige verdagte wat deur die polisie vir die moord gearresteer is, sy vriendin saam met die 57-jarige gekry op hul pad werk toe, nadat hy haar bewegings dopgehou het.

Die verdagte het na bewering die oorledene verskeie kere met ‘n skerp voorwerp gesteek en toe te voet van die toneel gevlug, sé knst. Langa Maselela, provinsiale woordvoerder van die polisie.

Die polisie is na die toneel ontbied en het lede van die nooddienste die man op die toneel dood verklaar. Die verdagte is dieselfde dag nog gearresteer.

Hy het vandag, Woensdag 27 Julie, op ‘n klag van moord voor die hof verskyn, en word ook as onwettige immigrant aangekla.

Mense wat moontlik inligting het wat kan help met die ondersoek is gevra om knst George Maartens te skakel by 079 544 2431 of anoniem inligting deur te gee op die MySapsApp.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button