NewsNews

Sy was lief vir die dorp en sy mense

Ria Myburgh, wat vir jare ‘n bekende gesig in die Parys Info-kantoor was, is Sondag, 19 Junie in die ouderdom van 73 jaar oorlede. ‘n Oud-kollega van Ria, Ita Kriel, wat destyds saam met haar gewerk het, vertel dat sy Ria in die Info-kantoor ontmoet het waar hulle vir baie jare saam sou werk, aanvanklik …

Ria Myburgh, wat vir jare ‘n bekende gesig in die Parys Info-kantoor was, is Sondag, 19 Junie in die ouderdom van 73 jaar oorlede. ‘n Oud-kollega van Ria, Ita Kriel, wat destyds saam met haar gewerk het, vertel dat sy Ria in die Info-kantoor ontmoet het waar hulle vir baie jare saam sou werk, aanvanklik eers in Breëstraat waar die Info-kantoor oorspronklik sy deure geopen het, en later ook in Waterstraat waar die Info-kantoor tans is.
Ria was vir ‘n kort tydjie weg by die Info-kantoor, maar het later weer haar plek volgestaan om toerisme in die dorp te bevorder, totdat sy uiteindelik in 2015 die tuig neergelê het.
Ita vertel dat Ria baie lief was vir die dorp en sy mense, maar ook geskiedenis, dat sy graag hieroor geskryf het, en baie betrokke was op verskeie sosiale media platforms. Toerisme het haar baie na aan die hart gelê. Ria het waar sy gekom het probeer om die dorp te bemark, en sal sy onthou word vir die saggeaarde omgee-mens wat sy was. Sy was tot met haar dood in Parys gevestig.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button