NewsNews

Riool stroom deur gemors

Vrystaatse vullisterreine ook 'n totale ramp, sê AfriForum in verslag

Die pad na die Fochville vullisterrein is net net vol gemors nie, die rioollek langs dit word ook net al erger.

Dié vullisterrein is al van voor die die Covid-19 pandemie ‘n doring in die vlees vir baie inwoners.
Die Merafong City Plaaslike Munisipaliteit, aan wie dit behoort, gee net nie om hoe dit daar lyk nie. Die rommel word net nou en dan weggery want die munisipaliteit kla dat hulle nie voertuie het om die werk te doen nie. Verskeie mense bly reeds vir ‘n geruime tyd op die terrein en besorgde inwoners het vroeër vanjaar uitgewys dat daar selfs onwettig radioaktiewe hout uit myne gestort word.
Die toegangspad na die terrein is ook ‘n nagmerrie omdat baie mense sommer hulle gemors aan die kant van dié pad gooi omdat die vullisterrein self te vol van almal se gemors is. Om dinge nóg erger te maak is daar ‘n mangat op die hoek van dié toegangspad, net onder die munisipale lisensie-afdeling, wat voortdurend oorloop. Dié probleem begin nou erger afmetings aanneem.
Tydens ‘n besoek van die Herald Maandag was daar ‘ groot poel riool aan die kant van die pad. Daar is soveel rommel dat dit baie van die riool laat opdam. Die res stroom onder die riool uit in die pad af.
Die Herald het die munisipaliteit Dinsdag oor die probleem uitgevra. Hul antwoord is dat daar aan die lek aandag gegee sal word en dat die rommel volgens hul skedule verwyder sal word.

 

 

Related Articles

Back to top button