News

Wintertyd ideaal vir sterrekyk

Sterrekyk op Deelfontein die naweek

Weens die hoë voggehalte in die lug en ´n groter kans vir wolke, vertoon die hemelligame in die somer nie so helder soos in die winter wanneer die lug droog is en daar minder turbulensie voorkom nie.
Ons beleef tans ´n buitengewone nat winter, maar na die afgelope koue front word die lug weer droeër, en klim die nagtemperature weer effens hoër, sodat aangename sterrekyktoestande die naweek sal heers.
Komende Saterdag 30 Julie ´n paar dae na nuwemaan, sal ´n smal sekelmaan vroegaand sigbaar wees, en die sterre daarna teen die agtergrond van die gewone donker Koepel-naghemel baie mooi vertoon.
Indien bewolkte weer dreig, sal ´n aankondiging oor of die uitstappie voortgaan op Deelfontein se webwerf www.deelfontein.co.za gepubliseer word.
Die aanbieding begin soos altyd in die seminaarkamer langs die sterrewag om interessante inligting en basiese agtergrond tot die planeet- en sterrebewegings te gee. Daarna kry almal
geleentheid om deur die teleskope na die mooiste objekte wat tans in die naghemel sigbaar is, te kyk.
Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika lei die geleentheid.
Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon. Die aanbieding begin Saterdagaand om 19:00, en eindig gewoonlik tussen 21:00 en 22:00.
Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.
Padaanwysings na Deelfontein is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, asook meer inligtin en kostes, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Die rit van Parys duur ongeveer 20 minute, en van Potchefstroom neem dit 50 minute.
As jy wil bywoon meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za.

Related Articles

Back to top button