NewsNews

Vier vas oor Transnet-koperkabel

Die vier wat ook onwettige immigrante is, het Maandag 25 Julie voor die Koppies-landdroshof verskyn, het knst. Langa Masilela, provinsiale woordvoerder van die polisie gesê.

Nog vier vermeende koperdiewe is die afgelope week in Koppies in hegtenis geneem.
Transnet koperkabel ter waarde van R74 000 is in die minibus gekry wat deur die verdagtes gebruik is, en is in Heuningspruit gesteel.
Lede van ’n private sekuriteitsmaatskappy was besig met patrollie toe hulle die verdagte Quantum-minibus opgemerk het. Toe hulle die voertuig nader, het die verdagtes weggejaag.
Die polisie se hulp is gevra, en toe die verdagtes die polisievoertuig sien, het hulle stilgehou en te voet gevlug.
Knst. Victor Khabane het daarin geslaag om die bestuurder van die voertuig te arresteer. Sy drie makkers is deur lede van die polisie, die sekuriteitsbeamptes en lede van die publiek agterna gesit en ook gearresteer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button