NewsNews

Nie 14 dae nie, net 7- gemeenskap soek nou antwoorde

Gemeenskap is gefrustreerd.

‘n Groep van sowat 500 gemeenskapslede wat vanoggend deelgeneem het aan ‘n protesoptog gelei deur Sanco, om hul stem te laat hoor oor munisipale bestuur en dienslewering, was nie tevrede om te wag vir 14 dae op antwoorde op hul eise in die memorandum wat aan die Ngwathe munisipaliteit se uitvoerende burgemeester, rdl. Victoria de Beer, oorhandig is.

Hulle  soek antwoorde binne 7 dae.

Nadat die burgemeester die memorandum ontvang en aangedui het dat die munisipaliteit binne 14 dae sal antwoord, het die groep agressief begin  raak en moes lede van die polisie se Openbare Orde eenheid in die Fezile Dabi-distrik haar na veiligheid neem, sonder dat sy geleentheid gehad het om te kon antwoord op die kwessies in die memorandum.

Die protesoptog het aanvanklik met sowat 80 mense begin maar het namate daar van die Master Nakedi Sportsentrum in Tumahole na die munisipale kantore in die dorp beweeg is, meer geword. Dit was oorwegend inwoners van Tumahole wat aan die optog deelgeneem het, hoewel die hele gemeenskap oor politieke en kleurgrense heen genooi was om hul stem eenparig te laat hoor oor kwessies soos die dorp se voortslepende krag en waterprobleme asook ander kwessies wat die hele gemeenskap raak.

 

Sanco (South African National Civic Organisation) se doel met die georganiseerde optog van Tumahole na Parys was  om deursigtigheid, verantwoordelikheid en dienslewering te eis van die Ngwathe munsipaliteit  en aan te dring dat IDP fondse plaaslik spandeer moet word.

Wat baie duidelik vandag met die optog was, was dat mense moeg en gefrustreerd is met swak dienslewering en dat hulle wil hĂȘ dat die munisipaliteit effektief en tot voordeel van die gemeenskap bestuur moet word.

Naas lede van die polisie het sekuriteitsmaatskappye in die dorp asook Overcomers  ‘n wakende oog gehou om seker te maak dat die optog binne die wet sou verloop.

Wat word in die memorandum gesĂȘ?

  • Die gemeenskap wil sien dat die totale IDP-begroting plaaslik spandeer word tot voordeel van plaaslike besighede en werkskepping,
  • Hulle wil sien dat ten minste 1 000 jongmense van alle rasse moet voordeel trek uit opleiding en internskapprogramme sodat hul kennis en vaardighede plaaslik aangewend kan word om ook hul geleentheid tot ervaring en verantwoordelikheid te gee.
  • Watervoorsiening, riolering en elektrisiteitskwessies moet reggestel, en paaie reggemaak word met verantwoordelike spandering van geallokeerde en beskikbare fondse. Daar word spesifiek ook verwys na die JoJo watertenks wat opgesit is as tydelike uitkoms vir die dorp se waternood, maar nou ‘n permanente oplossing geword het.
  • Daar ‘n einde moet kom aan ”verdagte” tenders  en kontrakte, waar sperdatums gemis en buitensporige fakture gelewer word. Tenderprosesse moet deursigtig wees.
  • Daar word verwys na beloftes vir die toekenning van persele vir lede van die gemeenskap, kerke en nie-winsgewende organisasies wat soms langer as as 2 jaar vat.
  • ‘n Munisipale bestuurder moet aangestel word met die nodige kennis en ervaring sonder familie- of vriendskapsbande met  iemand by Ngwathe, of wat besigheidsvoordele uit die posisie sal kry.
  • Die munisipale verkeersdepartement moet heringestel word om bywette af te dwing.
  • Die aanstel van vaardige en gekwalifiseerde mense wat sal omsien na die jeug, sport en die belange van gestremdes in die gemeenskap.
  • Meer permanente werkskeppingsgeleenthede vir mense uit die gemeenskap, pleks van net werksgeleenthede vir die duur van projekte
  • Daar moet opgetree word teen dwelmhandelaars en onwettige tavernes in die gemeenskap want dit raak ons jeug.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button