NewsNews

Kleurvolle dankies vir soveel bederf

Inwoners sê dankie

Inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys het vandag met kleurvolle prentjies dankie gesê vir die groot bederf wat Maandag 18 Julie vir die sentrum se inwoners gegee is deur Pickled Pig as deel van hul 67 minute van omgee vir die gemeenskap. Inwoners van die sentrum is Maandag na die restaurant gebring waar hul bederf is met ‘n hamburger, skyfies, koeldrank en ‘n kolwyntiekoekie.

Die prentjies, spesiaal ingekleur vir Craig en Florence en hul personeel van Pickled Pig, is vanmiddag, Donderdag 21 Julie, gemaak tydens die weeklikse kunsaktiwiteit wat hier vir die sentrum se inwoners aangebied word deur vrywilligers. Die vrywilligers spandeer ‘n uur se saamwees met die inwoners en help hulle om dan iets kreatiefs te maak.

As jy betrokke wil raak en  ‘n uur van jou tyd kan gee op ‘n Donderdagmiddag  om te help skakel  082 564 6172 of 060 655 3017, of jy kan enige kunsmateriaal, gom, skêre, potlode, afvalpapier of karton wat jy nie meer voor nut het nie of wil skenk, by die sentrum afgee.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button