NewsNews

Só moet jy maak as jou vuurwapenlisensie verval het

Let op hierdie riglyne

Wanneer jou vuurwapenlisensie verval het, moet jy persoonlik die betrokke vuurwapen waarvan die lisensie verval het, na die polisiestasie neem waar jou bevoegdheidsertifikaat nagegaan sal word.

As jou bevoegdheidsertifikaat in orde is, sal jy ‘n nuwe aansoek vir die vuurwapen moet voltooi wat jou R161 sal kos.

As jou bevoegdheidsertifikaat egter nie in orde is nie, sal jy ook R80 hiervoor moet betaal.

Vuurwapeneienaars wie se lisensies verval het, mag nou self die vuurwapen in veilige bewaring hou totdat hul nuwe lisensie aansoek goedgekeur is.

Jy  moet egter seker maak dat jou vuurwapen in veilige bewaring is in ‘n kluis wat aan die wetlike voorskrifte voldoen. Jy mag ook nie só ‘n vuurwapen gebruik of daarmee rondry nie. Die vuurwapen moet te alle tye in ‘n kluis wees totdat die nuwe lisensie uitgereik is.

As die lisensie aansoek afgekeur sou word, moet die vuurwapen binne 60 dae verkoop, geskenk of buite werking gestel word. Na die 60 dae kan die staat die vuurwapen verbeurd verklaar.

Dit volg nadat die konstitusionele hof einde Mei beslis het dat vuurwapeneienaarskap swaarder weeg as die lisensiëring daarvan, en dat vuurwapens waarvan die lisensies verval het, derhalwe nie meer by die polisie ingehandig hoef te word terwyl gewag word op ‘n nuwe lisensie nie.

In effek beteken dit dat vuurwapeneienaars nie hul eiendomsreg op die wapen verloor nie, maar wel die gebruiksreg daarvan tot ‘n nuwe lisensie aansoek vir die wapen goedgekeur is.

Let daarop dat vuurwapens waarvan die lisensies verval het, en tydens amnestieperiodes vir veilige bewaring by die polisie ingehandig is,  in veilige bewaring by die polisie sal bly totdat die aansoek vir die nuwe lisensie goedgekeur is.

 

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button