News

Wie kan help om die tenks vol te hou?

Die gemeenskap van Parys se insette word gevra om te laat weet waar die agt watertenks wat vir die gemeenskap in Parys beskikbaar gestel word, geplaas moet word. * Die punte moet sentraal wees in die onderskeie woonbuurte – Saligna, Oudewerfpark, die gedeelte by die Rooidam en in die middedorp self. * Die punte moet …

Die gemeenskap van Parys se insette word gevra om te laat weet waar die agt watertenks wat vir die gemeenskap in Parys beskikbaar gestel word, geplaas moet word.
* Die punte moet sentraal wees in die onderskeie woonbuurte – Saligna, Oudewerfpark, die gedeelte by die Rooidam en in die middedorp self.
* Die punte moet so geleë wees dat die watertenks veilig sal wees en volgehou kan word.
* Die ideaal is dus adresse waar daar boorgate is of plekke waar maklik toegang tot water is, want die tenks sal vol gehou moet word.
* Hierdie inisiatief is om die gemeenskap van Parys te help, en nou het ons Parys se inwoners se insette baie nodig.

Dalk het jy, jou meenthuiskompleks of instansie ‘n boorgat en is bereid om ander te help wat nie water het nie, deur die tenk op jou sypaadjie te laat staan en vol te hou? Of dalk het jy ‘n plan om die tenks vol te hou.

WhatsApp jou voorstel vir die sentrale punte waar water is om die tenks vol te hou na Parys Gazette by 060 690 7591.

Watertenk-inisiatief

Die eerste van die 42 watertenks wat vir Parys geborg is vir instansies en die gemeenskap van Parys om verligting te bring vir die dorp se waternood, het einde verlede week gearriveer!

Die JoJo watertenks is moontlik gemaak danksy ‘n ongelooflike inisiatief van sakelui in die gemeenskap. Naas die instansies wat deur die gemeenskap genomineer is vir die watertenks, sal daar ook 8 watertenks op strategiese punte in die dorp geplaas word vir inwoners wie se krane droog is.

Die inisiatief is begin deur Pula Build it en Repmetco wat ‘n verskil wou maak aan die waternood wat gereeld in die dorp ervaar word. Aanvanklik was die plan om een watertenk vir ‘n verdienstelike organisasie in Parys te skenk, en een vir Tumahole. Maar die reaksie op die inisiatief was so oorweldigend dat twee tenks toe 42 geword het, en steeds dra mense by tot die projek ná ‘n berig wat Donderdag 14 Julie in die Gazette geplaas is. Skenkings wat nou ontvang word, help weer met drukpompe en die installasie van die watertenks.

Daar is reeds ‘n lys van instansies wat sal baat by die projek saamgestel. Van die instansies wat deur die gemeenskap genomineer was sluit in VVA, die DBV, Parys-hospitaal, Epilepsie SA, die Vredefort Hartshuis, Schonkenville Luncheon Club, Alpha Christian Day Care, Eden Day Care Centre, Serendipity, Amot, die Tumahole kliniek, Villa Riviera, Overcomers, Eendjies Dagsorg in Schonkenville, die Rotary-klub rondawels en die Lehlohonolo Day Care Centre in Tumahole. Daar word nou met dié instansies geskakel om die finale reëlings te tref.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button