NewsNews

Toetssentrum sal weer heropen

Diensverskafffers steeds besig by sentrum

Goeie nuus vir Parysenaars is dat daar tans gewerk word daaraan om dienslewering te hervat by die Parys Lisensie- en toetssentrum.

Volgens Hilary Mophethe, woordvoerder van die Vrystaatse Departement van Polisie, Paaie en Vervoer is daar egter nog nie ‘n datum vir die heropening van die sentrum nie.

Die sentrum is al vir maande tydens gesluit weens ‘n elektriese probleem, en het Mophethe bevestig dat diensverskaffers verlede week besig was  by die toetssentrum om onder meer aandag te gee aan die elektriese probleem.  Daar sal vandeesweek ook gekyk word na die rekenaars by die sentrum, met die oog daarop om weer dienslewering te kan hervat.

Sy het die versekering gegee dat die publiek op hoogte gehou sal word van wanneer die sentrum se deure weer oop sal wees..

Parysenaars moet intussen  van die dienste van die Vredefort, Sasolburg, Koppies of Viljoenskroon toetssentrums gebruik maak, en kan die Parys-toetssentrum, totdat dit heropen, net help met bestuurslisensies wat afgehaal moet word waarvoor hier aansoek gedoen is voordat die sentrum tydelik gesluit is.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button