News

Omgee wat nie in die grootte van ‘n burger gemeet kan word nie

Vandag was hulle eregaste.

Baie van hulle ken nie die voorreg van ‘n hamburger en tjips nie. Was nog nooit  in ‘n restaurant nie.

En die soet lekkerte van ‘n kolwyntjiekoekie is ‘n luukse  wanneer iemand uitreik na die sentrum.

Maar vandag was anders.

Vandag was hulle eregaste.

Nege en dertig van die inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys wat met warm harte en oop arms deur Florence en Craig Pienaar, eienaars van Pickled Pig in Parys se hoofstraat ontvang is.

Craig en Florence van Pickled Pig saam met die inwoners van Epilepsie SA se Vrystaat/Noordwes-sentrum in Parys. 

Vandag was die restaurantdeure nie soos gewoonlik toe op ‘n Maandag nie.

Die restaurant is spesiaal oopgemaak om hierdie inwoners te kon bederf met ‘n hamburger, skyfies, kolwyntjiekoekies vir nagereg, en koeldrank. Die koeldrankglase kon hul ook huis toe neem – ‘n herinnering aan dié groot bederf van vandag.

 

En vir die  inwoners wat nie kon saamgaan nie weens swak gesondheid, het bederfpakkies reggestaan.

Want vandag was Craig en Florence se 67 minute van omgee.

Omgee wat nie in die grootte van ‘n hamburger gemeet kan word nie, maar in die kinderlike vreugde  op hierdie gesigte.

Vandag was spesiaal, want vandag het die bekers  oorgeloop van dankbaarheid vir die goedheid van mense.

Dankie vir elke vrywilliger, vir Craig en Florence, en elkeen wat gehelp het om vandag ‘n verskil vir hierdie inwoners te kon maak.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button