NewsNews

Die maan – altyd indrukwekkend om deur ’n teleskoop te sien

Die sekelmaan sal vroegaand sigbaar wees

Aan die einde van Junie het onseisoenale bewolkte weer die sterrekyk-uitstappie in die wiele gery. Met nuwemaan wat hierdie maand op 27 Julie plaasvind, is die omstandighede baie gunstig
om op Saterdag 30 Julie die Koepel se naghemel te kom bewonder.
Die sekelmaan sal vroegaand sigbaar wees; altyd n baie indrukwekkende objek om deur ´n teleskoop te sien,
wanneer die maan se kraters en berge lang skadus werp.
Indien bewolkte weer dreig, sal ´n aankondiging oor of die uitstappie voortgaan, op Deelfontein se webwerf www.deelfontein.co.za geplaas word.
Die aanbieding begin soos altyd in die seminaarkamer langs die sterrewag, om interessante inligting en basiese agtergrond tot die planeet- en sterrebewegings te gee. Daarna kry almal
geleentheid om deur die teleskope na die mooiste objekte wat tans in die naghemel sigbaar is, te kyk.
Frik le Roux van die Pretoria-tak van die Astronomievereniging van Suid-Afrika lei die geleentheid. Kinders is baie welkom en kan (tot sestienjarige ouderdom) verniet bywoon.
Die aanbieding begin op Saterdagaand 30 Julie om 7 uur, en eindig gewoonlik tussen 21:00 en 22:00. Tref voorsorg teen die koue met warm klere, skoene en ´n mussie.
Padaanwysings na Deelfontein en die koste is op www.deelfontein.co.za verkrygbaar, of soek Deelfontein Guest Farm op Google Maps. Die rit van Parys duur ongeveer 20 minute en van Potchefstroom neem dit 50 minute. Meld asseblief vooraf aan by 083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button