NewsNews

Brandstoftekort nie verwag nie

Daar word nie nou brandstoftekorte voorsien weens die tydelike sluiting van die Natref-raffinadery in Sasolburg nie. Sasol het verlede week force majeure verklaar op die verskaffing van petroleumprodukte weens skeepsvragte ru-olie wat nie betyds vir die Natref-raffinadery ontvang is wat Sasol saam met TotalEnergies bedryf. Force majeure is ‘n algemene term wat in kontrakte gebruik word …

Daar word nie nou brandstoftekorte voorsien weens die tydelike sluiting van die Natref-raffinadery in Sasolburg nie.

Sasol het verlede week force majeure verklaar op die verskaffing van petroleumprodukte weens skeepsvragte ru-olie wat nie betyds vir die Natref-raffinadery ontvang is wat Sasol saam met TotalEnergies bedryf. Force majeure is ‘n algemene term wat in kontrakte gebruik word wat in wese beide partye vrystel van aanspreeklikheid of verpligting in geval van ‘n buitengewone gebeurtenis of omstandighede.

Die verwagting is dat Natref teen einde Julie weer in vol produksie sal wees.

Daar is tans geen olieraffinadery in die land in bedryf nie.

Sou ‘n brandstoftekort ontstaan kan veral die landbousektor swaar geraak word met planttyd wat nader kom. Ook Eskom is baie afhanklik van diesel.

 

Related Articles

Back to top button